VONKMEDIA
waar ons die vonke laat spat

Welkom by die tuiste van Vonkmedia, waar die vonke binnekort gaan spat!

Plaasaanvalle & Plaasmoorde: 1 Januarie – 31 Julie 2017 RED DIE BOER – RED DIE LAND


Vanaf 1 Januarie tot 31 Julie 2017 was daar reeds 257 plaasaanvalle en 53 plaasmoorde in Suid-Afrika. Dis skrikwekkend, dis skokkend, dis alledaags… In 212 dae is 53 mense wreed vermoor, baie is gemartel, families vir altyd uitmekaar geskeur. Vanaf Januarie 2017, het MSVS en Vonkmedia begin om rekord te hou van aanvalle en moorde op plase en spesifiek ook aanvalle en moorde op witmense in stedelike gebiede. Ja, jy het reg gelees, spesifiek aanvalle en moorde op witmense. En voor al die liberale daar buite histeries raak, wil ek sommer vooraf mooi sê, ek weet dit is nie net wit mense in Suid-Afrika wat vermoor word nie, en ja ek weet almal leef met vrees en geweld elke dag.

Niemand ontken dit nie. Hou gerus julle eie statistieke by oor watter keuse van geweld ookal. Ons navorsing gaan spesifiek oor plaasmoorde en plaasaanvalle van enige demografiese groep, sowel as moorde en aanvalle op witmense in dorpe en stede. Dit staan enige ander groep vry om navorsing te doen oor enige ander aanvalle en moorde en ons almal sal graag die regte statistieke daaroor wil sien. Hoe kry ons ons inligting? Ons werk baie nou saam met verskeie Kommando’s, CPF’s en gemeenskaps-inligtingsgroepe landswyd wat inligting aan ons verskaf. Hierdie mense doen ongelooflike werk en sonder hulle sou baie meer mense al hulle lewens verloor het. Alle inligting word geverifieer om seker te maak die inligting is korrek en kan gestaaf word.

Hoe lyk die situasie na die eerste 7 maande van 2017?

Sleg. Hartseer. Angswekkend. Praat jy met die manne en vroue van kommando’s en veiligheids groepe begin jou bors toe trek, want dan besef jy wat werklik in Suid-Afrika aan die gang is. Hierdie manne en vroue skuil menige nagte op plase waar hulle boere en hulle families oppas. Waar hulle wag vir aanvalle wat deur tekens of inligting aan hulle deurgegee is. Waar hulle saam met polisiemanne en vroue werk om oortreders stop, voor hulle families uitwis… Terwyl ek en jy lekker lê en slaap, is daar mense wat vrywillig plaasaanvalle probeer keer. Hulle is die mense wat ook meestal eerste op ‘n plaasmoord se toneel is. Jy sien die trauma en magteloosheid in hulle oë, oë wat al te veel dood gesien het. As dit nie vir hierdie mense was nie, was die statistieke al baie hoër, die tragedie baie grooter. Maar groot ….is die tragedie groot. 257 aanvalle in 212 dae wat tot 53 begrafnisse gelei het. Vir meeste mense is hierdie statistieke iets om oor te sug, vir ‘n paar minute hartseer te voel en dan beweeg hulle aan. Vergeet daarvan. Maar hoe kan ons vergeet? Ons MAG nie vergeet nie. Ons MAG NIE blasé word hieroor nie. Ons MAG NIE langer sug en aanbeweeg nie. En ons MAG NIE die slagoffers vergeet nie.

Wat kan ons leer uit die statistieke?

• Gemiddeld kom die aanvallers in groepe van 3 – 4.

• Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaasaanvalle is 58.

• Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaanmoorde is 60.

• Oudste slagoffer wat aanval oorleef het, 89. Jongste slagoffer wat aanval oorleef het, 6.

• Die oudste slagoffer van plaasmoorde in die eerste ses maande is Bob Gawler (88) wat op 28 Julie op sy plaas De Mist in Natal vermoor is.

• Die twee jongste slagoffers wat vermoor is, is CT Steyn (32) wat op ‘n plaas in Warden doodgesteek is en Bafana wat op ‘n plaas in Heidelberg doodgeskiet is.

• 65% van die slagoffers van plaasmoorde en aanvalle was bo 70 jaar oud.

• In die eerste 7 maande het 45 aanvalle gedurende Vrydag nagte plaasgevind en 44 gedurende Donderdae nagte.

• 28 Aanvalle het gedurende Sondag nagte plaasgevind.


Aanvalle per provinsie

o Gauteng         - 53 aanvalle

o Limpopo         - 48 aanvalle

o Noord Wes    - 41 aanvalle

o KZN                - 39 aanvalle

o Mpumalanga - 25 aanvalle

o Vrystaat         - 22 aanvalle

o Oos Kaap    - 14 aanvalle

o Wes Kaap    - 11 aanvalle

o Noord Kaap - 4   aanvalle

Die Landbou Weekblad beweer meer as 20 000 plase is tans in Suid-Afrika in die mark. Dis die meeste plase in 20 jaar wat boere ontslae van wil raak. So as 20 000 boere nie meer boer nie, en die res wat oorbly word vermoor….. wat is die toekoms vir Suid-Afrika. Boere is tog die kos voorsieners. Sonder Boere, of hulle nou ophou boer of vermoor word kan ‘n land tog nie die mense voed nie. Hoekom skree en raas niemand hieroor nie. In 1980 was daar ongeveer 128 000 kommersiele boere in SA. 2007 se SARS rekords wys dat 39 966 plase aktiewe kommersiele plase is, waarvan 2 167 aan groot ondernemings behoort het, 2 259 aan Beslote korporasies, 874 familie trusts en 33 249 aan individuele boere. Nie google or StatsSA kan tans vir my sê presies hoeveel boere is oor nie, maar sommige bronne bespiegel dat die getal boere iets tussen 40 000 en 70 000 is.

Wat ook al die getal is, die feit bly staan dat daar ‘n totale aanslag op ons wit boere is.

Red die Boer…… Red die land……

AMOR GERBER

MSVS

3 Augustus 2017

Nuus oor ons mense, vir ons mense....deur ons mense


annibrand@vonkmedia.co.za


.